Eerste meeting in nuwe klubhuis

  • Posted on March 11, 2022
  • in Bloemfontein 25
  • by AteljeeAdmin

Soos almal weet het Bloem 25 na ‘n uitsetting van die munisipaliteit vir bykans vyf jaar nie ‘n tuiste gehad waar ons al ons bedrywighede kon bespreek en behartig nie.

Ons was op die hond se stert met menige oplossings maar kon eenvoudig nie regkom met ‘n tuiste nie.

Tydens die staat se inperkingperiode het ons intens begin rondkyk en navraag doen oor moontlike klubhuise. Ons het onder leiding van ons nuutste tafelaar Ferando van Heerden.

Die soektog voortgesit. Uiteindelik het ons ‘n ou motorfiets klub in die visier gehad, die eienaar van die Bushpub Restaurant wat ook die eienaar van die klubhuis is , was ons goedgesind genoeg om vir ons ‘n kans te gee.

Ons het as ‘n proeflopie die Mei besigheidsvergadering in die nuwe moontlike klubhuis gehou op 29/04/2021.

Teenwoordig was 12 tafelaars, vyf gaste en laaste maar nie die minste nie ook vyf 41’rs . Reuse sukses! Meeting closes 12:25 en die manne het oudergewoonte gestry, verskil, saamgestem en hard gepraat. Alles moontlik gemaak deur die die sersant ‘n ene Mot van Straaten. Hy het die manne in hulle baan gehou . Jagermeister en Pruimtabak het die manne laat oplet. Net soos dit hoort!

Ons is baie trots en opgewonde met ons beplanning vir die pad vorentoe.

Ons beplan om binnekort ‘n Grand Opening spesiaal vir die 25 tafelaars en die 41rs hou om die mylpaal te vier. Hierna sal ons ‘n daknatmaak reel om 25 se nuwe trots bekend te stel aan die res van die Vrystaat tafels.

Hou die spasie dop vir JOU uitnodiging en beplan jou volgende raid na 25 se nuwe trots. Die Bushpub Round Table 25.