Welkom 40 Help Agape Nasorg Sentrum in Winburg
- Posted on January 15, 2023
- in Welkom 40
- by Area PRO
Ablaze Motorfiets Klub het die 17 Desember 2022 weereens die jaar vir Agape Nasorg Sentrum ʼn kers
ete en partytjie gehou Jonlene en Corne van Zyl het Welkom 40 genooi om saam die dag te kom geniet
waar ons geskenke gehelp uitdeel het en saam die kinders gespeel ons het ook die geleen tyd gebruik
het om vir Johan Hardy president en Eienaar van Agape R 10 000.00 te oorhandig om bietjie te help oor
die kers tyd en om ʼn paar take reg te kan maak ,vir die wat nie weet nie Agape is ʼn huis vir gestremdes
van die ouderdom van 18 jaar af hulle is tans 26 mans en 20 dames wat net afhanklik is van die staat
pensioen en donasies die oudste inwoners tans by Agape is 65 jaar oud…
Johan Hardy en Sy vrou het self 2 gestremde kinders wat in Amari Skool in Welkom was na julle skool
jare het Johan besluit om die ou kinders huis van Winburg reg te kry en het self verhuis soontoe as
familie.
Roundtable Welkom 40 is nou al betrokke van 2015 af waar ons kyk om altyd te kan hulp met lees brille,
klere en seke goedjies soos hulle maar aanvra…
Die Welkom manne wat die dag by gewoon het was Hennie en Eddie Breytenbach , Stephan Theunissen
Hannes Fouche , Maruis Kapp dit so net n vinnig kuier gewees het maar as iets lekker raak is daar geen
tyd aan geheg nie