Wild uit die verte bring warm hoop hierdie koue winter in Wilgehof.

  • Posted on June 13, 2023
  • in Bloemfontein 158
  • by Area PRO

Tabitha is ‘n 30 jaar-oue projek waar daar tans elke Woensdag tussen 30-40 mense ‘n gekookte bord kos en
genade vir nog ʼn dag ontvang. Die projek word bestuur vanuit die NG Kerk Wilgehof se kombuis, maar is nie
beperk tot lidmate nie.
Wilgehof is een van die woonbuurte in Bloemfontein waar armoede homself goed tuis gemaak het, waar nood jou
by die meeste voorhekkies sal verwelkom en hongerte die lyne op baie gesigte definieer.
Die projek word hoofsaaklik met R400 per week uit die gemeente se skrams begroting gedra. Hier word week na
week gebid, en getoor in die kerkkombuis, om die beskikbare produkte te rek en te strek om al die honger leemtes
te vul. Skenkings aan hierdie projek is lewegewende verliging vir ‘n projek wat waarlik van week tot week oorleef.
Dit is hier waar Bloem158 vir hierdie winter ‘n wesenlike verskil en bydrae gemaak het, deur die help van 41ner
vanaf Nederland se 158 tafel. Wim en Harry het al die pad vanuit die verte hier in ons midde kom jag vir die
winter. 2 Mooi bladskote het ʼn Rooibok en ‘n Swarthartebees plat getrek. Hierdie vleis gee ‘n “broodnodige”
(vleisnodige) hupstoot vir hierdie projek vir die koue winter wat voorle. Met al die vleis kan die ekstra R400 ‘n
week nou goed aangewend word om baie meer voedsame geregte aanmekaar te slaan in hierdie WonderKombuis.
Bloem158 kan seker wees dat daar hierdie winter weekliks tussen 30-40 “Impactful chanced” gedefinieerde
gesigte sal rondloop deur hierdie skenking.